Vroeg vroeg opgestaan, mooi gemaak en toe Saxonworld toe! Pragtige plek van Helène Rautenbach, met een vertrek vol persiese tapyte. 

Ons was te bang om voet te sit in die vertrek, sou iets verkeerd gaan, dan het ek nou huis toe gekom met ń persiese tapyt..

Herman Lensing het ons aan die werk gesteek met tafel dek en natuurlik in die kombuis ook🙈 Ek het wortels in repies gesny… en verkies om nie uit te brei daaroor nie😄ek dink dit was perfek!

Rolanda Marais was ons gas vir die dag, sy is werklik baie mooi en so vol selfvertroue sonder om ‘te veel’ te wees. Iemand om na te luister.

En toe… kom die pavlova poeding uit!!  So bly dit was ń flop, want dit het tussen die tien van ons beland, plat gesit, in die vertrek met die mooi tapyte en dit verslind. Shhhhhh😋

Advertisements